Description
Die bekende dierkundige Fritz Eloff se bemoeienis met die Kalaharileeu het reeds in 1958 begin toe hy een aand teen sononder die koninklike brul van ‘n leeu tussen die rooi duine hoor opklink het. In toeganklike taal word die Kalaharileeu se fisieke eienskappe, sy habitat, sy plek in die ekosisteem en sy interaksie met die mens dan bespreek. Ten slotte kom ook ‘n paar legendariese leeumannetjies en -wyfies aan die bod en besin die skrywer oor die oorlewingskanse van die Kalaharileeu in ‘n veranderende wereld.