Description
Hierdie hersiene uitgawe van die Roberts Volgids bevat byna 1000 spesies wat in Suider-Afrika (suid van die Cunene- en Zambesi-rivier) voorkom. Die gids spog met puik nuwe illustrasiewerk wat besonderhede gee oor seisoenale, ouderdoms en geslagsverskille in ongeveer 240 geannoteerde kleurplate, bygewerkte verspreidingskaarte, broei- en seisoenstafies en bondige dog insiggewende teks oor uitkenning, asook aspekte van biologie soos kos en roep. Volgeesdriftiges se biblioteke sal beslis baat by hierdie nuwe toevoeging.




